Videomateriaal van twee rooftogte waartydens vermeende rowers die vensters van hul slagoffers se voertuie met klippe uitgegooi het en hulle daarna van hul besittings beroof het, het vandeesweek in die sosiale media die ronde gedoen en wyd reaksie uitgelok.

In reaksie op hierdie rooftogte, wat na bewering beide in Windhoek plaasgevind het, het die nasionale polisiewoordvoerder, adj. komm. Kauna Shikwambi, die Namibiese publiek aangeraai om waaksaam te wees teen sulke kriminele aktiwiteite.

“Kriminele aktiwiteite neem landswyd toe en dit beteken Namibiërs moet te alle tye waaksaam wees,” het Shikwambi aan die media gesê.

Shikwambi het die ooggetuies in een van die voorvalle vir hulle reaksie geloof. “’n Mens kan sien die mense in die motor agter die slagoffers s’n was gereed om hulle te help, wat ’n prysenswaardige benadering is. Ek moet ook die mense wat die voorval afgeneem het loof omdat hulle die nasie ’n blik gegee het op die realiteit van wat in ons land gebeur. Dit is nie net ‘n leersame ervaring nie, maar dit wys almal dat hulle waaksaam moet wees,” het sy gesê.

Sy het verder aangeraai dat Namibiërs met selfverdedigingswette vertroud moet raak om te verseker dat hulle hulself op ‘n gepaste manier kan verdedig indien nodig.

[Bron – Republikein]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.