Gobabis.com.na se verbintenis tot kliënte se privaatheid

Gobabis.com.na en sy werknemers is verbind daartoe om u privaatheid sowel as u bates te beskerm.

Gobabis.com.na besef sy verpligting om vertroulikheid van u persoonlike, besigheids- en finansiële inligting te beskerm en te respekteer. Kliënte privaatheid is ‘n belangrike aspek, beide vir u en Gobabis.com.na . Dit is waarom Gobabis.com.na die Gobabis.com.na beleid oor die beskerming van privaatheid ontwikkel het, wat die gedrag van Gobabis.com.na werknemers en verskaffers voorskryf met betrekking tot die akkuraatheid en sekuriteit van al u inligting. Ten einde meer te leer oor die beleide en praktyke van Gobabis.com.na , lees asseblief die volgende:

  • Beskerming van kliënte-inligting
    Die tipe inligting wat versamel word en hoe ons u inligting beskerm
     
  • Beskikbaarstelling van kliënte-inligting – Verantwoordelikheid
    Hoe en waarom inligting gedeel of blootgelê word.
     
  • Bewaring van persoonlike inligting
    Privaatheid en sekerheidstellings met betrekking tot spesifieke aanlyn dienste.
     
  • Aanlyn privaatheid
    Hoe en waarom inligting gedeel of blootgelê word.
     
  • E-pos:
    Kommunikasie vanaf hierdie webblad.
     
  • Derde partye
     
  • Gobabis.com.na se private riglyne
    Die verpligtinge van ons werknemers en verskaffers.
     
  • U verpligting
    Hoe kan u ons help om te verseker dat u privaatheid beskerm word
     
  • Reg om hierdie privaatheid en sekerheidstelling te wysig
    Indien ons enige wysigings sou maak tot ons beleid oor die beskerming van privaatheid, sal die wysigings op hierdie bladsy gepubliseer word sodat u altyd bewus is van watter inligting versamel word en hoe dit gebruik word. Let asseblief daarop dat aangesien ons nie inligting op ander Internet webblaaie kan beheer nie, ons nie verantwoordelik is vir die inhoud van webblaaie wat gekoppel is aan Gobabis.com.na nie.

Aanvaarding

Hierdie terme en voorwaardes word effektief sodra die gebruiker die eerste maal toegang verkry tot hierdie webtuiste en sal ‘n bindende ooreenkoms met Gobabis.com.na daarstel.

Beskerming van kliënte-inligting

Wat is kliënte-inligting?

Kliënte-inligting verwys na die inligting wat betrekking het op ‘n kliënt, ongeag of die kliënt ‘n individu of ‘n besigheid is. Die inligting sluit besonderhede in soos naam, ouderdom, identiteitsnommer, bates, laste, inkomste, betalingsrekords en kliëntnommer.

Waarom versamel Gobabis.com.na kliënte-inligting?

Gobabis.com.na gebruik hierdie inligting ten einde u rekening te diens, besonderhede van ander dienste en produkte tot u aandag te bring, wat u mag bevoordeel en om meer te leer van finansiële dienste waarin u sou belangstel. Hoe meer ons weet, hoe beter diens kan ons lewer.

Hoe bewaar Gobabis.com.na u inligting?

Die bewaring van u finansiële inligting is een van ons belangrikste verantwoordelikhede. Ons privaatheidskode bepaal die gedrag van werknemers en verskaffers met betrekking tot akkuraatheid, vertroulikheid en sekerheid van alle kliënte se inligting.

Inligting beskermingsriglyne:

  • Gobabis.com.na sal nie inligting versamel sonder u voorafverkreë toestemming nie.
  • Die keuse om finansiële inligting aan Gobabis.com.na te verskaf, is altyd u eie.
  • In finansiële transaksies, kan die weerhouding van sekere inligting die dienste wat Gobabis.com.na in staat is om te verskaf, beperk.
  • Toestemming om inligting te versamel kan uitdruklik wees (byvoorbeeld deur ‘n ooreenkoms te teken), of geïmpliseer (byvoorbeeld indien u die geleentheid sou kry om uit te tree uit ‘n spesifieke wyse van inligtingsdeling, maar verkies om dit nie te doen nie, impliseer u dat u verkies om die inligting met Gobabis.com.na te deel).
  • Die tipe inligting wat u versoek sal word om te voorsien, sal wissel volgens die diens of dienste wat u benodig.
  • Die meeste van die inligting wat Gobabis.com.na verkry met betrekking tot sy kliënte, word op ‘n databasis bewaar wat ingeboude veiligheidseienskappe het ten einde die privaatheid en vertroulikheid van sodanige inligting te verseker.
  • Behalwe soos uiteengesit in die deel van kliënte-inligting, sal Gobabis.com.na nooit enige kliënte-inligting verkoop of andersins beskikbaar stel aan enige ander organisasie of partye nie, behalwe in uitsonderlike gevalle soos uiteengesit in die deel van kliënte inligting.
  • Dit word van ‘n werknemer vereis om die privaatheidstandaarde van Gobabis.com.na te onderskryf by diensaanvaarding.

Beskikbaarstelling van kliënte-inligting – Verantwoordelikheid

Die enigste gevalle waarin Gobabis.com.na toegelaat te word om kliënte-inligting te openbaar, is die volgende:

Deur u gemagtig

Gobabis.com.na bestaan uit ‘n aantal verskillende afdelings. Deur inligting met betrekking tot u rekening aan die verskillende afdelings te voorsien, kan ons u meer effektief bedien. Ander maatskappye kontak Gobabis.com.na op ‘n roetinebasis met betrekking tot krediet- en finansiële inligting van ons kliënte. Gobabis.com.na sal egter slegs u persoonlike inligting beskikbaar stel indien u die nodige toestemming verleen het.

Wetlike vereistes

Dit verwys dikwels na die owerheid se belastingrapporteringsvereistes. Ons sal egter in alle gevalle, soos deur die wet vereis, slegs inligting voorsien wat spesifiek versoek word.

Noodsaaklikheid om Gobabis.com.na se belange te beskerm

Bogenoemde sal nie gebruik word as rede vir die openbaarmaking van inligting met betrekking tot u of u rekeninge (insluitend u naam en adres) aan enige ander persoon, vir bemarkingsdoeleindes nie, insluitend ander maatskappye in ons groep. Dit is egter so dat basiese prosedures wat Gobabis.com.na se belange beskerm, soms lei tot die openbaarmaking van spesifieke kliënte-inligting aan derde partye. Die terugstuur van ‘n tjek weens onvoldoende fondse is ‘n voorbeeld hiervan.

In publieke belang

Gobabis.com.na word soms versoek om kliënte-inligting te verskaf vir doeleindes van publieke belang, byvoorbeeld om bystand te verleen in die voorkoming van misdaad. Voordat aan hierdie versoeke voldoen word, neem Gobabis.com.na elke moontlike voorkomende maatreël ten einde te verseker dat die owerhede betrokke wetlike gronde het om sodanige versoek te rig.

Ons onderneming aan u, ons kliënt

Gobabis.com.na sal nie enige persoonlike kliënte-inligting aan derde partye vir onafhanklike gebruik beskikbaar stel of voorsien nie.

Bewaring van persoonlike inligting

Persoonlike inligting wat versamel word deur Gobabis.com.na via die Gobabis.com.na webtuiste, word in ‘n veilige omgewing bewaar.

Privaatheid en sekuriteit van toepassing op spesifieke aanlyndienste

Verskillende aanlyndienste en Gobabis.com.na besigheidseenhede mag hul eie privaatheids- en sekerheidsbeleide hê aangesien die aard van hul dienste en produkte mag afwyk van die algemene Gobabis.com.na beleid. Hierdie spesifieke beleide sal spesifiek van toepassing wees op die gebruik van aanlyndienste.

Neem E-pos ernstig op:

Kommunikasie vanaf hierdie webtuiste

Gobabis.com.na mag u persoonlike of ander inligting gebruik om inligting met betrekking tot nuwe dienste of produkte wat u mag interesseer, van tyd tot tyd aan u te pos, e-pos of sms-inligting daaromtrent aan u te stuur met betrekking tot Gobabis.com.na, Gobabis.com.na se produkte en dienste, of ander maatskappye in die Gobabis.com.na groep en hulle produkte en dienste. Die gebruiker sal die opsie hê om aan te dui of hy/sy sodanige produkinligting wil ontvang in die toekoms. Die gebruiker sal egter voortgaan om ander produkinligting te ontvang tot sodanige tyd as wat die opsie om nie toekomstige kommunikasies te ontvang nie, gekies is.

Vertroulikheid

Onthou, gewone ongekodifiseerde (“non-encrypted”) e-pos is nie veilig nie. Om hierdie rede sal Gobabis.com.na nie vertroulike rekening-inligting per e-pos voorsien nie.

Derde partye

Indien Gobabis.com.na ander organisasies sou versoek om ondersteunende dienste aan Gobabis.com.na te lewer, sal Gobabis.com.na hulle verbind tot die Gobabis.com.na beleid oor die beskerming van privaatheid in soverre as wat dit nodig mag wees om toegang te verkry tot Gobabis.com.na kliënte se persoonlike inligting ten einde hul dienste uit te voer.

Die Gobabis.com.na webtuiste mag koppelings aan of vanaf ander webblaaie bevat. Alhoewel Gobabis.com.na poog om slegs webblaaie te koppel wat sy hoë standaarde en respek vir privaatheid deel, is Gobabis.com.na nie verantwoordelik vir die inhoud of die sekuriteit of privaatheidspraktyke van toepassing op ander webblaaie nie. Gobabis.com.na beveel aan dat u altyd die sekutiteitsreëlings van sodanige webblaaie bestudeer.

U kan bydra tot die beskerming van u privaatheid

U kan ook help om die sekuriteit van u inligting te beskerm deur die volgende te doen

  • Moenie u identiteit of kodewoord met enigiemand deel nie.
  • Wysig u kodewoord op ‘n gereelde basis.
  • Onthou om af te teken na ‘n aanlyn sessie.
  • Moenie u rekenaar sonder toesig laat terwyl u aanlyn transaksies doen nie.
  • Help Gobabis.com.na om akkurate rekords in stand te hou deur ons in kennis te stel van wysigings in u situasie sodat ons ons rekords dienooreenkomstig kan opdateer.
  • Moenie enige vertroulike inligting via ongekodeerde (“unencrypted”) e-pos stuur nie.
  • Moenie u persoonlike en finansiële inligting toevertrou aan enige webblad wat u nie ken of vertrou nie.

Reg om hierdie privaatheid en sekerheidstelling te wysig

Gobabis.com.na behou die reg voor om hierdie beleid oor die beskerming van privaatheid te enige tyd te wysig. Alle wysigings tot hierdie beleid oor die beskerming van privaatheid sal op die Gobabis.com.na webtuiste gepubliseer word. Tensy anders bepaal, sal die huidige weergawe alle vorige weergawes van hierdie beleid oor die beskerming van privaatheid herroep en vervang.

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.