Gobabis.com.na was amptelik die 3de Januarie 2022 van stapel gestuur. Dit het begin bloot as ‘n idee ongeveer ‘n jaar terug nadat die stigter, Gerrit Koekemoer, voltyds begin boer het in die Omaheke distrik. Die idee was eenvoudig, een platvorm waar waardevolle inligting maklik gedeel en gevind kan word vir almal in Omaheke en selfs buite Omaheke. Gerrit Koekemoer is reeds sedert 1996 betrokke in die Inligtingstegnologie industrie en ook die eienaar van DeadSet Internet Technologies, ‘n web-gasheer-maatskappy. Die Gobabis.com.na webwerf bestaan uit ‘n hele paar aspekte wat kortliks hier onder verduidelik word.

Jongste Nuus

Ons probeer almal op hoogte hou met die jongste nuus vanuit die Omaheke streek en ook nuus wat mense in die streek moontlik kan raak. Almal is welkom om enige belangrike nuus met ons te deel wat ons dan kan plaas vir almal om te te sien.

Besigheidsgids

Die besigheidsgids is een van die belangrikste aspekte van die webwerf. Dit is waar alle besighede of instansies in Omaheke die geleentheid het om hulself te lys vir alle gebruikers om te vind. Almal wat betrokke is by besighede of instansies word uitgenooi om seker te maak dat hul wel gelys is. Daar is ook besluit om nog nie enige fooie te vra om gelys te word nie. ‘n Persoon het niks om te verloor deur te verseker dat sy betrokke besigheid/instansie wel in die gids verskyn nie.

Kalender

Nog ‘n belangrike aspek is die kalender waar ons alle belangrike gebeure wat die streek behels kan lys. Almal word uitgenooi om enige gebeure van belang tot Omaheke vir ons deur te stuur sodat ons dit kan lys, almal van sportklubs, kerke, boereverenigings, sosiale-klubs, veilings en nog meer.

Wenke

Met die wenke deel ons graag raad wat waardevol kan wees. Ons gee ook al die besighede/instansies wat reeds in die gids gelys is die geleentheid om enige raat of wenke met ons te deel. Nie net gee dit ekstra blootstelling nie maar dit bou ook vertroue op met al die lesers.

Gobabis.com.na is gemik op die Omaheke gemeenskap en ons gaan saam met ons gemeenskap groei en ons beste doen om waarde toe te voeg. Hierdie is bloot net die begin en daar is nog baie aspekte wat op ons beplanning is vir die toekoms.

Die pad vorentoe in kort:

  • Groei, groei, groei – Meer besighede lys, meer besoekers en nog meer
  • Bou nuus bronne
  • Ontwikkel ‘n mobiele toepassing (Smartphone App)
  • Ondersoek advertensie platforms vir besighede

Kontak ons gerus vir meer inligting of enige hulp.

Verder doen ons ook ‘n vriendelik versoek om almal uit te nooi wat moontlik daar uit kan baat of sou wou betrokke raak by Gobabis.com.na.

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.