Nog ’n koue naweek lê vir Namibiërs voor, met temperature wat na verwagting van môre aansienlik in die suide gaan daal en daarna na ander dele van die land sal versprei.
Voorspellings deur Afri Weer dui daarop dat die minimum temperature in Windhoek Vrydag tot 1°C sal daal en Saterdag tot nul, terwyl dagtemperature net bo 20 grade sal wees.
In Gobabis sal minimum temperature Vrydag en Saterdag onder nul wees, met dagtemperature van tussen 20 en 23 grade verwag word.
In die sentrale noorde sal Grootfontein se minimum temperature Vrydag sowat 5°C wees, en Saterdag tot 3°C daal, met 29 gedurende die dag, terwyl Keetmanshoop se minimum temperature vir die twee dae sowat twee grade sal wees met maksimum van 20 tot 23.

Damvlakke
In ander nuus het die gemiddelde vlak van Namibië se damme hierdie week op 56,1% gestaan, laer as verlede week se 79,1%.
Verlede seisoen was die gemiddelde vlak van die land se damme 81,3%.
Volgens NamWater se jongste dambulletin wat Maandag uitgereik is, het die gemiddelde damvlakke in die sentrale gebiede van Namibië op 54,9% gestaan, vergeleke met verlede seisoen se 77,9%.
In die suide het die gemiddelde vlak van die damme op 67,8% gestaan, vergeleke met verlede seisoen toe dit 87,1% vol was.
In die ooste was die totale gemiddelde van die damvlakke 20,6%, terwyl dit verlede seisoen 34,9% was.
In ander dele van die land is die Omdeldam in die Erongostreek en die Omatjenne-dam in Otjozondjupa leeg. Die Olushandjadam in Oshana is 14,3% vol.

[Bron – Windhoek Express]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.