Gobabis.com.na sal met verloop van tyd al hoe meer besighede oplaai soos dit op die internet gevind word. Dit sal wel net die basiese informasie wees soos die besigheid se naam en telefoon nommer of e-pos adres. Indien jou besigheid gelaai is het jy die geleentheid om dit op te eis en beheer te vat van die inskrywing wat jou dan sal toelaat om al die addisionele inligting soos logo, beskrywing en so voorts te kan invul.

Eis Proses

Besighede wat in die gids verskyn wat nie ‘n groen regmerkie lang die naam het nie kan geëis word. Daar is natuurlik ‘n verifikasie proses wat sal gebeur om te verseker dat dit wel die eienaar of persoon verantwoordelik vir die besigheid is wat die eis instel. Verder is daar dan ook ‘n eenmalige fooi van N$750 wat betaalbaar sal wees net soos in die geval van ‘n nuwe besigheidsgids inskrywing.

Sou jy vind dat jou besigheid wel in die gids verskyn en jy wil dit eis gaan dan na die inskrywing en klik op die “Eis Inskrywing” skakel, jy sal dan die geleentheid kry op te registreer op die webblad en dan die nodige inligting in te stuur vir die verifikasie van die eis. Ons sal dan in kontak wees met die verdere stappe.

Hoekom Jou Inskrywing Eis

Dit gee jou volledige toegang na die inskrywing, jy kan al die besonderhede opdateer (Kontak Besonderhede, Adres, Beskrywing, Logo/Fotos) om te verseker dat jou inskrywing die nodige aandag trek van besoekers.

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.