Ongelukkig is dit baie moeilik om hierdie webwerf te onderhou sonder ons waardevolle vennote waarvoor ons vreeslik baie dankbaar is. Daar is baie geleentheid vir individue en maatskappye om betrokke te raak as vennoot vir Gobabis.com.na . Daar is basies 2 groepe vennote, finansiële vennote en kompetisie vennote. Kom ons vat hande en loop ‘n pad saam op Omaheke op die kaart te sit.

Finansiële Vennote –

Ons het konstant uitgawes waarvan die grootste die webwerf ontwikkeling is en dan bemarking, dit is hoekom hierdie borge vir ons so belangrik is. Die vennote sal baie blootstelling op die webwerf kry in die vorm van Baniere, Uitgestalde Besigheidsgids Inskrywing en so ook in die weeklikse nuusbrief.

Kompetisie Vennote –

Dit is ‘n baie goeie bemarking vorm om meer mense betrokke te kry en dan ook die naam van die betrokke borge op die lippe van baie mense te kry. Die vennote kry blootstelling gedurende die kompetisie op al ons platvorms waar hul logo van ook aangebring sal word.

Stel jy belang om ‘n vennoot te wees?

Kontak ons asseblief sou jy belangstel om een van ons vennote te wees, ons is altyd besig met nuwe ontwikkeling en kompetisies waar vennote ons baie help.

BAIE DANKIE aan ons vennote –

Goue Vennote (N$ 10 000+)

Silwer Vennote (N$ 5 000 – N$ 10 000)

Brons Vennote (N$ 500 – N$ 5 000)

Omaheke-Megasave
VistaBranding

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.