Die NLU Agribraai vind vanjaar op 14 en 15 Junie by die Gobabis-skougronde plaas.

Omuramba-boerevereniging het verlede jaar op Mariental as die braaikonings geseëvier en bied vanjaar se NLU Agribraai aan.

Een van die organiseerders van Omuramba, Anzelle Riedel, het aan Agri Monitor die tema, Bees – Boer -Braai, bevestig en gesê inskrywings het amptelik geopen.

Die NLU Agribraai is een van die grootste geleenthede op die jaarlikse landboukalender en ‘n vrolike fees waar boere, gemeenskappe en besighede byeenkom.

Boereverenigings en sosiale spanne kan hul resepte en braaitange begin gereed kry en inskryf vir die gesogte kompetisie met groot pryse op die spel.

Die borge is Namib Mills, Feedmaster en Namib Poultry.

Vir inskrywings en navrae, kontak Riedel of Laetitia de Jager by (062) 56 8083, via WhatsApp by 081 256 4816 of stuur ‘n e-pos na nluagribraai2024@gmail.com

[Bron – Republikein]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.