Op 7 Oktober 2022 het die minister van landbou, water en grondhervorming ’n amptelike kennisgewing uitgereik waarin aangedui word dat die keerdatum vir betaling van grondbelasting vir twee van die boekjare uitgestel is tot.

Die foutiewe koerse waarteen grondbelasting bereken is vir 2017-18 en 2018-19 word nou reggestel waarvan betaling uitgestel is tot 31 Desember 2022, volgens die NLU se weeklikse elektroniese nuusbrief van vandag. Aanslae wat wel korrek ontvang is, moet voor of op die sperdatum van 31 Oktober 2022 betaal word. Dit sluit ook grondbelasting vir die boekjare 2016-17 en 2020-21 in.

Die waardeerder-generaal, Rudolf !Nanuseb, het verseker dat alle e-poskorrespondensie vir regstellings van foute op grondbelasting mettertyd aangespreek en beantwoord sal word.

[Bron – AgriForum Namibia]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.