Die Namibiese perde-uithouritbedryf het vir die eerste keer sedert die uitbreek van Covid-19 alle internasionale byeenkomste gedemp het, die geleentheid gehad om internasionaal teen sy buurlande deel te neem.

Die uitsonderlike 2022 Namibiese uithouritkampioenskap is oor vier dae by Sandune Game Lodge buite Gobabis gehou. Botswana het een individuele ruiter gehad en Suid-Afrika het drie spanne (liggewig, jongruiters en swaargewig) asook individuele inskrywings gestuur.

Die kompetisie is vir die eerste keer in die binneland gehou nadat jare se ikoniese ritte by Walvisbaai se sandduine ’n instelling tydens Augustus geword het.

Die hawedorp se uitbreiding en ontwikkeling het egter die beplanning bemoeilik, omdat die perde se veiligheid en ook die bekombaarheid van veilige roetes ’n groot uitdaging geword het.

Welwitschia Uithouritklub het onder die vaandel van die Namibiese Perdesportfederasie (Namef) die sprong gemaak om die rit na die binneland te skuif en wel op ’n gastewildplaas. Dit het groot insette geverg, maar die rit was ’n reuse-sukses. Sandune beskik oor ’n ruiterkunsbaan en -arena en het hul eie Duneside perdestoet, wat ’n uitstekende basis vir ’n rit van gehalte gebied het.

Om ’n rit op FEI-vlak aan te bied, is ’n finansiële uitdaging en borge wat hul gewig agter die perdesport ingegooi het en aan wie baie dank verskuldig is, was General Airways (hoofborg), FNB, Corporate Guarantee, Namef, Namib Poultry, Equisupreme SA, Endurance Tack SA, Equifeeds, Voermeester, Molatek, Paco Engineering, GI Construction, Toyota Gobabis, Seaworks, A2H Consulting SA, Namibia Facility Management, PKF-FCS, Old Mutual, Fast Flame Profiling, Coetz Technologies, Wiejandie & Jabula Horses, Kalharabi Arabiere, Barmiliek Arabiere, Equestrian Dream Halters, Otjere Wildlife, Rhino Ridge Guestfarm, Charlottenberg Arabians en FIMBI.

Dit was aangebied as ’n FEI tweester-rit met beamptes en veeartse van Namibië, Suid-Afrika, Botswana en Frankryk. Hulle was beïndruk met die algemene hoë standaard wat gehandhaaf is. Dit was ’n tweeledige kompetisie met ’n nasionale 160 km rit op 25 Mei en ’n FEI tweester 120 km kompetisie op 27 Mei. Op die laaste dag is ook ’n sterk spankompetisie tussen die lande gehou.

Die roete was sanderig en die weer was soggens koud, maar het warm en windstil geword deur die dag en het dus tegnies moeilik geraak en moes versigtig benader word. Die veeartse was streng en die perde is deurentyd dopgehou vir enige tekens van dehidrasie, maagklanke, rugseer of kruppel bene. Ruiters en perde het hulle egter goed van hulle taak gekwyt, professioneel opgetree en mooi na die perde omgesien.

Suid-Afrika het Namibië reeds genooi vir die volgende kompetisie wat in vroeg in Oktober by Sondela Bela-Bela gaan jaar.

Die topdrie ruiters oor die verste afstande:

25 MEI

160 km STANDAARDGEWIG / SENIOR

1 Steven Goawab (Nam), Barakah Silaa, 17.9 km/h

2 Hannelie Coetzee (Nam), El Shakir Nuraan, 16 km/h

3 Marna Steyl (Nam), Hoshabeh Kamal, 16 km/h

160 km LIGGEWIG / GEEN GEWIG

1 Suné Wessels (Nam), Kalharabi Novak, 18 km/h (beste tyd van die dag

2 Caila Potgieter (Nam), Skai Jolla, 17.17 km/h

3 Bianca Jacobs (Nam), No Name, 16 km/h

Bes voorbereide perd en Beste van die Beste trofee: Suné Wessels op Kalharabi Novak.

27 MEI

121.9 km SWAARGEWIG

1 Jean Pierre de Wit (Nam) , El Shakir Rezar, 18.4 km/h (bes voorbereide perd en Beste van die Beste trofee)

2 Andries Swart (RSA), El Nize Amazing Grace, 18.3 km/h

3 Dube Price Moore (RSA), Mijasto Brian, 18 km/h

121.9 km LIGGEWIG / GEEN GEWIG

1 Andries Lebe (Nam), Wiejandie Nadeem, 19.4 km/h

2 Suné Wessels (Nam), Kalharabi Janie, 19.3 km/h (bes voorbereide perd)

3 Dawie de Meyer (RSA), Shaprisure Zahara, 19.2 km/h

121,9 km JONGRUITER

1 Ilandi Koch (RSA), Chirune Issachar, 19.1 km/h

2 Carmen Derks (Nam), Hurst Ibn Skokkian, 18.9 km/h

3 Ariane Neumann (Nam), Barakah Silic, 18.9 km/h (bes voorbereide perd)

121.9 km STANDAARDGEWIG / SENIOR

1 Moses Saubek (Nam), Edl Agbahr Sabik, 18.4 km/h

2 Surina de Wit (Nam), El Shakir Akam, 18 km/h

3 Leigh-Ann Parkhill (Nam), Zabubega Malik, 17.2 km/h

121.9 KINDERRUITERS

1 Anele Rossouw (Nam), Jomarein Rafeek, 18 km/h

2 Joame Kuhn (Nam), Barakah Nagid, 17.1 km/h (bes voorbereide perd)

3 Elani Potgieter (Nam), Wildhorse Ludolf, 15.9 km/h

In die spankompetisie wen Namibië die jongruiters en liggewigkategorieë en Suid-Afrika wen die swaargewigklas.

[Bron – Republikein]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.