Om ten volle ingeënt te wees – skragingsdosis ingesluit – is nou die belangrikste vereiste om Botswana binne te kom, sê dié land se regering. Vanaf vandag hoef ten volle ingeënte persone mét ‘n skragingsdosis, nie meer ‘n negatiewe PCR-toetsuitslag te wys as hulle die land wil binnegaan nie. Bewys moet hiervan gelewer word. Volgens die land se ministerie van gesondheid en welvaart moet persone wat nié ten volle ingeënt is nie (skragingsdosis ingesluit), ‘n negatiewe PCR-toetsuitslag toon en kan by die grenspos hul gratis skragingsdosis kry voordat hulle kan verder reis.

Buitelandse persone wat nie ten volle ingeënt is nie, nie bereid is om by die grenspos vir ‘n skragingsdosis te gaan nie, nie ‘n negatiewe toetsuitslag kan toon of gewillig is om by die grenspos getoets te word nie, sal nie toegang tot die land verkry nie. In die geval van burgers van Botswana, sal ‘n boete van 5 000 Pula of tronkstraf van nie langer as ‘n jaar of albei, geld.

Persone wat nie ten volle ingeënt is nie, moet ‘n negatiewe PCR-toetsuitslag nie ouer nie as 72 uur toon en kan gratis by die grenspos ingeënt word. Indien die persoon geen bewys van inenting of negatiewe toetsuitslag het nie, kan die persoon teen eie koste kwarantyn totdat die uitslae van ‘n toets by die grens beskikbaar is.

[Bron – Republikein]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.