Die Regulerende Owerheid vir Kommunikasie in Namibië (Cran) skryf die sloerende veldtog vir die registrasie van simkaarte toe aan weerstand van plaaslike owerhede om registrasiepunte beskikbaar te stel, kragonderbrekings in landelike gebiede en onwillige kliënte.

Cran het bekendgemaak dat 924 453 van die 2 760 804 aktiewe simkaarte in Namibië reeds teen einde September geregistreer is. Dit beteken slegs ongeveer ’n derde van die aktiewe simkaarte is geregistreer.

Die telekommunikasiemaatskappy met die meeste aktiewe gebruikers, MTC, se registrasiekoers is in lyn met die algehele registrasiesyfers wat deur Cran aangemeld is, met ’n registrasiekoers van 33,1%.

Telecom Namibia se koers is effens laer met ’n registrasiesyfer van ongeveer 27% van alle aktiewe simkaarte.

Paratus se registrasiekoers mik tans vir 95% met 5 125 van 5 437 aktiewe simkaarte wat geregistreer is. UCOM het reeds al 1 113 van sy aktiewe simkaarte geregistreer.

Cran sê simkaarte wat nie teen 31 Desember 2023 geregistreer is nie sal vir drie maande afgesny word. ’n Simkaart kan weer in werking tree wanneer dit geregistreer is. Ná die drie maande sal alle ongeregistreerde nommers tot niet gaan.

[Bron – Republikein]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.