Bekommerde belanghebbendes in die rooivleisbedryf in Suid-Afrika het hulle verbind om binne enkele dae ’n dokument saam te stel as riglyn vir die pad vorentoe in die bekamping van bek-en-klouseer.

Die besluit is Dinsdag by ‘n spesiale inligtingvergadering op Bothaville geneem nadat aangekondig is een geval van bek-en-klouseer is by Viljoenskroon bevestig.

’n Plaas in die Frankfort-distrik word ook ondersoek vir die moontlike uitbreking van hierdie siekte, berig Landbouweekblad.

Volgens dié landboutydskrif toon ‘n ondersoek wat deur die dieregesondheidsowerhede in die Noordwes-Provinsie gedoen is dat vee wat onlangs by Potchefstroom met bek-en-klouseer gediagnoseer is, na plekke in Gauteng, die Vrystaat en elders in Noordwes vervoer is.

Die Vrystaat se LUR vir landbou en landelike ontwikkeling, mnr. Thembeni Nxangisa, het Woensdag in ‘n verklaring bevestig daar is ‘n uitbereking van bek-en-klouseer in dié provinsie wat verbind word met die verdagte bewegings van beeste vanaf Noordwes en Gauteng na dié provinsie.

Die vergadering onder die vaandel van die Rooivleis

Produsente-organisasie (RPO), SA Voerkraalvereniging, Nasionale Organisasie vir Ontluikende Rooivleisprodusente (Nerpo) en die Rooivleisabattoirvereniging.

Die RPO sê in ’n verklaring die doel van die byeenkoms was om insette

te kry van rolspelers indnie bedryf, die regering, veterinêre praktisyns, voerkraaleienaars, veilingsagente en

produsente vir ‘n pad vorentoe vir bek-en-klouseer.

Die is bygewoon deur 315 mense en dit is duidelik dat bek-en-klouseer ‘n prioriteit vir alle rolspelers binne die rooivleisbedryf is.

Daar is besluit om binne 72 uur ‘n dokument saam te stel. Insette sal ook deur ‘n verteenwoordiger van die Internasionale

Organisasie vir Dieregesondheid (OIE).

Een van die voorstelle was dat die wetlike bevoegdhede wat aan veeartsenydienste gegee word in terme van die vervoer van diere wat vermoedelike geïnfekteer is, sowel as die uitbreking van enige staatsbeheerde siekte, moet afgedwing word.

Die vergadering het die oortreding van die Wet op Dieregesondheid in die buurland streng veroordeel en het by die

nasionale departement van dieregesondheid gepleit dat die individue wat skuldig is aan die vervoer van diere uit die beheerde area en sodanige diere te koop aanbied, vervolg moet word, sê die RPO.

“Die bedryf is ernstig daaroor dat die verantwoordelikheid om ‘n veilige lewendehawebedryf te verseker tussen die

regering en vee-eienaars gedeel word, en vee-eienaars moet as ‘n saak van dringendheid selfregulering toepas,” sê die organisasie.

“Naspeurbaarheid het nou ‘n punt bereik dat dit ononderhandelbaar is. Vee-eienaars word aangemoedig om te voldoen aan basiese kuddegesondheidsprotokolle en wanneer nuwe diere ingekoop word, dié diere se gesondheidstatus vooraf vas te stel.

“Indien dieregesondheid nie gewaarborg kan word nie, moet die diere in kwarantyn gehou word, apart van ander diere vir die

voorgeskrewe tydperke soos vervat binne wetgewing,” sê die RPO in sy verklaring.

Naspeurbaarheid word reeds in Namibië baie noukeurig toegepas en dieregesondheidsprotokolle om die gebied suid van die veterinêre kordonheining se status as vry van bek-en-klouseer te beskerm, die streng gehandhaaf.

Namibië sal sy prima-uitvoermarkte verloor as dit nie nagekom word nie.

[Bron – Republikein]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.