Die verwydering van die veeartseny-kordonheining (rooilyn) kan katastrofies wees vir die totale vleisbedryf van die land met ‘n waarde van meer as N$7 miljard per jaar.

So het Calle Schletwein, minister van landbou, water en grondhervorming, onlangs tydens ‘n personeelvergadering van die ministerie gesê. “Die teenwoordigheid van die veeartseny-kordonheining wat Namibië in twee boerderysones verdeel, verhoed nie noordelike kommunale boere om ook toegang tot winsgewende uitvoermarkte te hê wat beskikbaar is vir boere suid van die kordonheining nie.”

Namibië se beesvleisuitvoerberyf het oor die jare heen bekendheid verwerf as ‘n bedryf wat gefokus is op hoë standaarde en dit het tot gevolg gehad dat die land sy voet in die deur kon kry om beesvleis uit te voer na die Europese Unie, die Verenigde Koninkryk, Noorweë, Suid-Afrika en die Verenigde State van Amerika.

Die minister is van mening dat die persepsie wat oor die rooilyn bestaan dat noordelike kommunale boere nie toegang het tot uitvoermarkte nie, onwaar is. Huidig word beesvleis wat noord van die heining geproduseer word in Suid-Afrika, China en ander Afrika-lande verkoop.

FOTO: Calle Schletwein, minister van landbou, water en grondhervorming

[Bron – AfriForum Namibia]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.