Die oudlanddros mnr. Walter (Rooies) Mostert beweer sy regte is geskend en hy sal hom tot die hoërhof wend.

Mostert het Maandag in die Windhoek-landdroshof voor regter Johannes Shuuveni verskyn.

“Volgende week gaan ons hoërhof toe. My regte is volgens artikel 25 paragraaf twee en drie van die Namibiese Grondwet geskend”.

Sedert hy weer op 25 Maart in hegtenis geneem is, dring Mostert daarop aan sy arrestasie en daaropvolgende aanhouding was onreëlmatig.

Met sy tweede inhegtenisneming het die polisie hom nie toegelaat om met sy prokureur, mnr. Louis du Pisani, te konsulteer nie.

Mostert beweer sy eerste inhegtenisneming in Mei 2021 was ook onwettig, aangesien ’n regter nie die lasbrief vir sy inhegtenisname onderteken het nie.

Die hof het sedertdien geweier om Mostert se navrae toe te laat omdat die saak reeds by die landdroshof hangend is en dit andersins ‘n dubbele verhoor sou wees.

Mostert en sy drie medebeskuldigdes word van die oortreding van die teenkorrupsiewet, die immigrasiebeheerwet, geldwassery, afpersing en poging tot dwarsboming van die gereg aangekla.

Die voorvalle het tussen 2012 en 2013 plaasgevind toe Mostert en sy medebeskuldigdes ‘n Suid-Afrikaanse gesin gehelp het om Namibiese identiteitskaarte onwettig te bekom.

Die saak hervat op 4 Junie.

[Bron – Republikein]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.