Afgesien daarvan dat die produsent-gedrewe BVCF-inisiatief onmiddellik veld begin wen het in produsentekringe en veel wyer belangstelling lok, ook in buurlande, beskou top-regeringslui die nuwe uitvoer-abattoir as ‘n werkbare, volhoubare oplossing vir Namibië se beesvleis-uitvoermark.

Uit veral Botswana word jaloers toegekyk hoe Namibiese produsente saamstaan om nie meer aan ‘n staatsbeheerde abattoir uitgelewer te wees nie. Afhangende van vordering met die privatisering van hul BMC-uitvoerabattoir word ‘n soortgelyke inisiatief as dié van BVCF deur produsente in dié buurland oorweeg.

In ‘n verrassende wending het beide die ministeries van landbou en nywerheid begin Julie BVCF en sy bedryfsmaatkappy, Savanna Beef Processers (SBP), as ‘n nuwe toetreder tot die beesvleisuitvoermark verwelkom.

Begin Julie het landbouminister Calle Schlettwein in die openbaar melding van Meatco se swak prestasie gemaak. In ‘n landbouaanlyn-geselsprogram van Bank Windhoek het hy semi-staatsinstellings soos Meatco uitgelig wat in laste vir produsente verander het teenoor die aanvanklike doelwit om boere en die vleisbedryf in die land te dien.

Op sy beurt het Michael Humavinda, adjunk- uitvoerende direkteur van die ministerie van nywerheid, handel en SME-ontwikkeling, in ‘n onderhoud met The Namibian (8 Julie 2022) gesê die produsent-gedrewe model (BVCF-SBP) sal meebring dat meer speenkalwers in die land teruggehou word vir osbemarking ten einde uitvoer na winsgewende oorsese markte te verhoog. Volgens hom bevoordeel huidige speenkalfbemaring Suid-Afrikaanse voerkrale as ‘n middelman.

Volgens The Namibian meen Jacob Nyambe, ‘n Unam-dosent in die fakulteit ekonomiese en bestuurswetenskappe, die produsent-gedrewe uitvoerabattoir sal waardevolle kapitaal tot die landsekonomie toevoeg afgesien van infrastruktuur-ontwikkeling en werkskepping.

[Bron – AfriForum Namibia]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.