By die Gobabis Skou wat Saterdag klaargemaak het, was daar vanjaar 22 uitstallers met 112 diere van ses rasse.

Me. Corrie Britz, sameroeper van die beesafdeling by die Gobabis Skou, sê: “Ons het vanjaar 85 Brahmaanbeeste op die skou gehad – wat heelwat meer as die vorige jare se minder as 20 is. Ek dink dis te danke aan die Brahmaan-kampioenskap wat vanjaar by die Windhoek Skou gehou sal word.”

Britz sê die vertoners het baie moeite gedoen om die beeste in ’n goeie kondisie te kry en daar was goeie gehalte beeste uitgestal.

Die Brahmaanbul Billions van die Wolle Brahmaanstoet is by die Gobabis Skou as die kampioen van kampioene aangewys. Hy is ook as die kampioen in die kategorie vir dubbeldoelrasse , die raskampioen en senior kampioen bekroon.

Die Select Cow, of Superkoei, is Ibenstein Savannah, wat aan René Krafft behoort.

[Bron – Republikein]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.