Altesame 679 Namibiërs het tussen Januarie 2021 en Mei 2022 hul eie lewens geneem, waarvan die meerderheid (559) manlike volwassenes was. Hiervan was 91 vroulike volwassenes terwyl 29 kinders was – 18 seuns en 11 meisies.
Adjunkminister van gesondheid Esther Muinjangue het gesê Namibië het die vierde hoogste selfdoodsyfer per 100 000 mense op die vasteland, en dus moet verskillende intervensies, veral vir mans en seuns, dringend in plek gestel word.
Nog ’n bekommernis is selfmoordpakte, waar twee of meer mense terselfdertyd besluit om hul lewens te neem. Hieroor het die ministerie van gesondheid gesê daar is ’n dringende behoefte aan ingryping en bewusmaking.
Volgens die polisie se inligting is die hoofmetodes van selfdood om hulself op te hang – wat die mees algemeen is – gevolg deur skiet, die drink van batterywater, verdrinking, hul eie keel sny, selfsteek, vergiftiging en om hulself aan die brand te steek.
Die minister het Woensdag tydens die bekendstelling van die Khomas-selfmoordvoorkomingstaakmag gesê die hoofredes vir selfmoord is aangeteken as depressie, verwerping, hopeloosheid, gesinsprobleme en ’n swak eiewaarde.
“Ons nasionale statistieke is kommerwekkend, en dit is ’n teken dat elkeen van ons moet reageer op selfmoordgedrag. Die streekselfmoordstatistieke van Januarie 2021 tot Mei 2022 het aan die lig gebring dat Omusati die meeste aangetekende voorvalle van selfdood (105) het, gevolg deur Ohangwena met 100 gevalle. Khomas is derde met 80 svoorvalleake, terwyl Oshikoto in die vierde plek is met 65 voorvalle,” het sy gesê.
Die vyfde hoogste syfer is in Oshana aangeteken (56), gevolg deur Otjozondjupa (48) en Erongo (44). Kavango-Oos het 34 selfdoodvoorvalle aangeteken, terwyl Kavango-Wes 30 en //Kharas 29 aangeteken het. In die Hardapstreek is 25 gevalle aangeteken, gevolg deur Zambezi (24) en Omaheke (20)
Die minste aantal selfmoorde is in Kunene aangeteken met 19 gevalle gedurende hierdie tydperk.

[Bron – Windhoek Express]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.