MTC waarsku teen skelms wat misbruik maak van die vereiste dat kliënte hul SIM-kaarte moet registreer. Dus dring die diensverskaffer aan dat mense slegs persoonlik by hul kantore of mobiele kantore magregistreer, en nie deur gebruik van die *68966# kode nie. MTC verwys na ’n sosiale media berig wat mense aanraai om toustaan te vermy deur gebruik te maak van hierdie kode. Hoewel die kode aan MTC behoort, is die doeleinde daarvan om te registreer vir hul elektroniese koopbewysstelsel. Hierdie stelsel word gebruik deur entrepreneurs wat MTC krediet op grootmaat koop en weer herverkoop. Dit staan as ‘n MTC E-Voucher bekend. Voorts waarsku MTC teen boewe wat voorgee hulle werk vir die diensverskaffer en van huis tot huis gaan om glo mense te help registreer. Daar word na bewering ’n fooi vir hierdie diens gevra, terwyl die skurke ook inligting van mense se identiteitskaarte steel. Wanneer kliënte by MTC se kantore registreer, moet hulle ‘n identiteitsdokument en ‘n bewys van verblyf saambring

[Bron – Republikein]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.