Kookoliepryse skiet die hoogte in en verbruikers kan ‘n groot impak op kospryse verwag, sê FNB se senior landbou-ekonoom, Paul Makube. Volgens data van die Verenigde Nasies (VN) het voedselpryse wêreldwyd in Januarie tot byna rekordhoogtes opgeskiet en die stygende prys van kookolie dra hiertoe by.

Die VN sê onlangse stygings in kookoliepryse sal waarskynlik voedselpryse teen Maart tot rekordhoogte opjaag.

Die Oekraïne en Rusland is die wêreld se grootste produsente van sonneblomsaad, en soos almal weet, is die dreigende oorlog in die gebied nie bevorderlik vir landbou en ekonomiese stabiliteit nie.

Die feit dat die Amerikaanse departement van landbou bekend gemaak het dat die verwagte sonneblom-oes vir 2021 36% laer as in 2020 kan wees, dra by trot onrustigheid.

“As die situasie eskaleer, sal ons waarskynlik ‘n ontwrigting van die aanbod sien,” sê Makube.

[Bron – Die Waarheid]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.