Meer as 18 000 ontluikende beesprodusente in die noordelike kommunale gebiede het onmiddelike toegang tot markte nodig om ‘n katastrofe te voorkom.

‘n Opname in Februarie onder potensieel kommersieël georiënteerde vleisprodusente in die kommunale gebied identifiseer ‘n gebrek aan formele bemarkingsgeleenthede, of abattoirs, as hul grootste struikelblok.

Só sê die nuutgestigde organisasie vir burgerregte, Aksieforum Namibië (AFN).

Volgens die AFN meen produsente sou die struikelblok uit die weg geruim kan word, sal dit hulle in staatstel om te groei van aanhouers van vee tot kommersieel georiënteerde beesvleisprodusente.

Die dringendheid van die saak word vererger deur die dreigende droogtetoestande oor groot dele van die land. Produsente wat nie betyds hul veegetalle kan verminder nie, kan miljoene verloor as die beeste vrek.

Boonop sal die kwesbare weidingsituasie verder agteruitgaan.

[Bron – Republikein]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.