‘n Manier om jou yskas skoon te maak sonder dat die vloere nat word; Skakel die yskas af, gooi fyn sout teen die ys en hou die deure oop.
‘n Uur later kan jy die ys optel met ‘n eierspaan (egg lifter). Dit werk soos ‘n bom

‘n Halwe teelepel asyn in olie verhoed dat vleis wat in eier en meel gerol is nie in die pan waarin dit gebak word, vassit nie; die deeg sal ook nie afkom nie.

Om afval gou sag te kry, gooi een pakkie kitsgis (yeast) oor; dit kook gou sag en jy proe nie die kitsgis nie.

Gooi elke aand ‘n handvol growwe sout in die uitlaatpype van wasbakke; die sout sal in pype afdrup en dit vry van vetterigheid hou.

Gooi ‘n lepel vol sout in die water waarin jy geskilde vrugte gooi voordat jy dit inmaak, dan sal die kleur van die vrugte volmaak hou.

Om aangebrande vullis aan buitekant van kastrol aft e kry, gebruik oven cleaner; maak jou pot louwarm, spuit oven cleaner aan en laat staan so uur en was met sponsie.

Voeg ‘n halwe teelepel suurlemoensap by room wanneer jy dit klop; dit raak baie gouer mooi styf.

[Bron: http://www.foodloversrecipes.com/2014/04/handige-kombuis-wenke/]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.