Ons is baie opgewonde omdat ons vinnig die punt bereik waar ons die kommersiële model vir die Gobabis.com.na webwerf in werking kan stel. Dit beteken dat van die aspekte wat tans kosteloos verskaf word, voortaan teen ‘n fooi gedoen gaan word, soos die lys van besighede in die besigheidsgids en sommige ander aspekte. Besoek aan die Gobabis.com.na webwerf, asook die nuus en opsoek van besighede in die besigheidsgids sal onveranderd bly.

Die instel van die kommersiële model is baie noodsaaklik vir die verdere groei van die webwerf en sodoende ook meer waarde te gee aan die mense en besighede wat wel betrokke is by die Gobabis.com.na webwerf. Dit sal ook baie ander geleenthede moontlik maak vir Gobabis.com.na, meer oor dit op ‘n latere stadium.

Ons wil ‘n laaste beroep doen op alles besighede/instansies in Omaheke om te verseker dat jul nou betrokke sal raak en dat jul gelys is in die besigheidsgids.

Kontak ons gerus sou jy enige navrae het.

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.