Volgens Reuters het aandele van die Facebook-eienaar, Meta (FB.O), Donderdag met 26% gedaal. Dit is die grootste enkele dagdaling in markwaarde vir ‘n Amerikaanse maatskappy. Die sosiale mediareus blameer Apple Inc se ( AAPL.O) privaatheidsveranderinge en verhoogde mededinging hiervoor.

Die reuse daling in aandelepryse, het meer as $200 miljard uit Meta se markkapitalisasie en sowat $29 miljard van Mark Zuckerberg, die hoof uitvoerende beampte, se netto waarde uitgewis.

“Mark Zuckerberg, die uitvoerende hoof van Meta, is dalk gretig om die wêreld na ‘n alternatiewe werklikheid te lok, maar teleurstellende resultate van die vierde kwartaal het vinnig sy metaverse borrel laat bars,” sê Laura Hoy, ‘n aandele-ontleder by Hargreaves Lansdown.

[Bron – Die Waarheid]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.