Die Bank of Namibia (BoN) het Vrydag ’n gewysigde N$10-banknoot bekendgestel, met nuwe sekuriteitskenmerke wat die handtekening van die bank se president asook die jaar van druk insluit en wat dit moeilik sal maak om te vervals.

Volgens BoN se presidentJohannes !Gawaxab, is die gewysigde banknoot nie net ’n prosedurele taak nie, maar hou dit ook ’n dieper betekenis vir die land. Voorts is die N$10-noot een van dié met die hoogste sirkulasiesnelheid in die land.

“In 2021 was die N$10-banknoot die tweede mees gesirkuleerde noot [naas die N$200-noot] teen ’n volume van N$10,2 miljoen. Die rede hiervoor is basies dat elke Namibiër van alle vlakke van die samelewing ’n N$10-banknoot kan besit, en dit word daagliks in binnelandse transaksies gebruik, daarom word dit as ’n transaksienoot geklassifiseer,” aldus !Gawaxab.

Die gesig van die Stigtersvader, President Sam Nujoma, verskyn steeds op die nuwe N$10-banknoot.

By navraag het een inkoopsentrum in die hoofstad gesê hulle toets die nuwe noot by parkeer-betaalpunte.

[Bron – Windhoek Express]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.