weather

Die Australiese Buro vir Meteorologie het pas ‘n nuwe uitkykstatus uitgereik waarin aangekondig word dat daar tekens bestaan dat El Niño-toestande tydens die komende winter kan vorm.

El Niño-toestande word vereenselwig met meer onvoorspelbare en dikwels swakker reënneerslae in Namibië.

Volgens die buro is daar sowat 50% kans dat ‘n El Niño binnekort kan vorm – dit is dubbel die normale waarskynlikheid van 25%.

Die buro het dienooreenkomstig hul uitkykstatus na ‘n El Niño-wag verander. Tans is toestande in die tropiese Stille Oseaan nog neutral, terwyl die Indiese Oseaan-dipool (IOD) ook nog neutral is. Die buro sê egter klimaatmodelle dui daarop dat ‘n positiewe IOD-indeks in die komende maande kan ontwikkel.

Dit beteken die Indiese Oseaan se seeoppervlaktemperature kan warmer wees as normal, wat tot die vorming van siklone kan lei.

Die buro het op 14 Maart aangekondig dat die La Niña-weerverskynsel eindelik skipbreuk gelei het nadat dit wêreldwye weerstelsels oor die afgelope drie jaar oorheers het

[Bron – Republikein]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.