Tydens vanjaar se Agra-speenkalfkompetisie sal drie nasionale wenners aangewys word – een in elk van die drie produksie-kategorieë.

Die streekwenners, asook die algehele kampioene, sal tydens ‘n galageleentheid in Oktober aangekondig word.

Agra se speenkalfkompetisie vind vanjaar by 21 veilings tussen 21 Junie en 15 September oraloor die land plaas – van so ver as ­Karasburg tot Grootfontein.

Vanjaar sluit Agra ook vier nuwe veilingpunte in, naamlik Talismanus, Okanjatu, Okakarara en Aminius – juis met die oog daarop om ontluikende boere in die ­kommunale gebiede van die land op te hef.

Agra sê die jaarlikse kompetisie laat hulle toe om erkenning aan produsente te gee vir goeie gehalte speenkalwers, terwyl dit ook ’n bron van noodsaaklike kontantvloei vir talle beesboere is.

Boonop kan beesboere deur die kompetisie hul produksiestandaarde en bestuurs­praktyke op ’n nasionale vlak met dié van hul eweknieë vergelyk.

Speenkalwers word in kategorieë vir voerkraal-, veld- en teelpotensiaal ingeskryf en pryse word ook uitgedeel aan kopers wat die meeste geld tydens die kompetisie bestee, asook die meeste stuks vee aankoop.

[Bron – Republikein]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.