“Daar is omtrent 44 mense wat nog die taal praat – dit is beslis ’n sterwende taal; dit is nie ’n baie nuttige taal nie.”

So het die Suid-Afrikaanse aktrise Charlize Theron onlangs tydens die Amerikaanse podsending “SmartLess” met Sean Hayes, Jason Bateman en Will Arnett gesê.

Theron het al by verskeie geleenthede Afrikaans met die wêreld gedeel deur haar 2015 #LearnAfrikaansWithCharlize-veldtog en het in 2018 op die Amerikaanse kletsprogram, The Late Late Show with James Corden, ’n staaltjie vertel van hoe sy en haar ma by ’n lughawe hul menings in Afrikaans gelug het en deur ’n lid van die publiek uitgevang is.

Die Suid-Afrikaanse akteur en vervaardiger, Tim Theron, het gesê: “As Suid-Afrikaners is ons geweldig trots op Charlize en alles wat sy bereik het, maar ons is ook geweldig trots op ons pragtige amptelike tale, waarvan Afrikaans een is. Dit is nie ’n ‘sterwende taal’ nie, en dit word nie net deur 44 mense gepraat nie. Dit word deur miljoene mense gepraat; daar is nuwe liedjies en flieks wat elke dag in Afrikaans gemaak word. Dit is ’n taal wat gewortel is in verskeie tale en kulture insluitend Hollands, Maleisies, Indonesies en ons inheemse San-tale.”

[Bron – Republikein]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.