Nege beeste is op die plaas Olive in die Dordabis-distrik gesteel en na Gobabis in die Omahekestreek vervoer. Die polisie kon egter daarin slaag om dit egter weer terug vind en aan die wettige eienaar te oorhandig. Die eienaar kon die beeste identifiseer ten spyte van die feit dat die verdagtes nuwe oorplaatjies sowel as brandmerke aangebring het. Alle toerusting wat gebruik is in die misdaad, is ook deur die polisie op beslag gelê en sluit in die vragmotor sowel as oorplaatjies. Drie verdagtes is in hegtenis geneem en wat insluit die eienaar van die vragmotor en die bestuurder. Twee verdagtes is nog op vrye voet. Die ondersoek duur voort.

[Bron – Republikein]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.