speenkalf

Beesprodusente sal binnekort ʼn tweede geleentheid hê om aandele in die beplande Savanna Beef Processors te koop.

Die Forum vir die Beesvleiswaardeketting (BVCF) het pas aangekondig dat dit weer ʼn venster – van 19 Augustus tot 9 September – sal oopmaak om aan produsente nog ʼn geleentheid te bied om aandele in die beplande uitvoer-beesabattoir te koop.

Die forum se komitee sê die besluit is die afgelope Donderdag (14 Julie) tydens hul vergadering geneem.

“Die redes hiervoor is tweeledig – dit word eerstens baseer op die groot aantal produsente wat eers moes wag vir hul geld om beskikbaar te raak.

“Tweedens gaan dit daaroor dat produsente oor minstens 75% aandele moet beskik om beheer oor Savanna Beef Processors te behou – en dat al dié aandele slegs deur produsente besit word en nie enige ander partye nie,” het die forum verduidelik.

BVCF sê net 54 miljoen se aandele is beskikbaar en dat “eerste aansoekers eerste gehelp sal word”.

“As al die aandele verkoop is en ons het steeds te veel inskrywings, sal die aandele op ʼn pro-rata basis uitgegee word,” het die forum gesê.

[Bron – Republikein]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.