Die Witvlei-gemeenskap het Donderdag na die dorpsraadkantore opgeruk in protes teen swak dienslewering, beweerde korrupsie, nepotisme, wanbestuur en oor ‘n gevoel dat hulle deur die regering geïgnoreer word. Die groep het ook ‘n mosie van wantroue in die dorpsraadslede aangekondig.

Volgens me. Pamela Tjirare, die Witvlei Voice of the Voiceless Group, het hul oproepe om ingryping aan die adjunkminister van stedelike en landelike ontwikkeling (MURD) me. Natalia |Goagoses op dowe ore geval. Verskeie briewe, wat so ver terug as 28 Oktober 2021 dateer, is aan |Goagoses geskryf waarin sy gevra is om in te gryp weens die gebrek aan terugvoer van die dorpsraad. |Goagoses het gister by navraag gesê sy gaan nie inmeng nie. Volgens haar moet die gemeenskap die prosedures volg en die verwante minister, mnr. Erastus Uutoni nader wat die mandaat het om in te gryp.

Die kantoor van die minister het op 10 Februarie die klagtes aan me. Mathilde Eises, die voorsitter van die bestuurskomitee, gestuur, waarin sy gevra is om oplossings voor te stel. Geen terugvoer is ontvang nie. Die groep het op 1 Junie ‘n brief aan |Goagoses gerig waarin sy ingelig is geen oplossings is nog vir hul probleme gevind nie. Volgens die woordvoerder van die groep, Tjirare, het |Goagoses verlede week gebel en vir die vertraging om verskoning gevra. Sy het beloof om Maandag terugvoer te gee, maar hiervan het dadels van gekom.

“Sy het gebel en beloof om terugvoering te gee, maar dit het nie gebeur nie. Ons het haar Dinsdag weer gebel. Ons het ook die protesbrief per e-pos na haar kantoor gestuur,” het sy gesê.

Die groep wil weet weet waarom die raad se uitvoerende hoof, mnr. Hendrik Muisoor, die ontvangsdame met geen kwalifikasies as menslike hulpbronne-bestuurder gesekondeer het. Die vorige bestuurder het twee maande gelede bedank.

“Ons eis dat dié pos dringend in die plaaslike koerante adverteer en behoorlike onderhoude gevoer word. ‘n Aanstelling moet voor einde Julie 2022 met ‘n gekwalifiseerde en ervare menslike hulpbronne-praktisyn gedoen word. Ná die aanstelling moet die pos van uitvoerende hoof adverteer en ‘n nuwe aanstelling gemaak word,” het die groep geëis. Volgens die petisie het die Witvlei-gemeenskap teen gister nog nie ‘n enkele

suksesvolle en tasbare diens van die dorpsraad ontvang nie.

Muisoor vir wie die petisie bedoel was, was gister afwesig en kon ook nie vir kommentaar bereik word nie.

By navraag oor haar afwesigheid op kantoor, het Eiseb beweer sy was nie bewus van die feit dat die gemeenskap beplan het om na haar kantoor op te ruk nie. Sy was ook nie seker of sy tydens die optog ten spyte het egter daarop gewys dat sy nie seker was of sy tydens hierdie optog veilig sal wees nie, ten spyte van die volle teenwoordigheid van die plaaslike polisie. In reaksie op die bewerings met betrekking tot die HR-sekondering, het sy beweer Muisoor het gekies om nie die pos te adverteer nie omdat die pos nog net twee maande oor het. “As jy ‘n probleem het, kan ons daardie sekondering met onmiddellike effek herroep, maar die uitvoerende hoof het gevoel die inkomende uitvoerende hoof sy eie werwings kan doen, aangesien hy reeds ‘n probleem vir Witvlei se mense is,” het sy gesê.

Eiseb het bygevoeg die waarnemende HR-bestuurder gesekondeer is omdat die uitvoerende hoof voel sy studeer in daardie area, maar kon nie aandui waar sy studeer nie.

“Sy studeer aanlyn, ek kan nie sê watter universiteit nie,” het sy gesê.

[Bron – Republikein]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.