Agribou

Die ministerie van arbeid het die regulasies oor regstellende aksie eensydig gewysig om nou ook klein besighede in te sluit. Ingevolge kennisgewing 275 wat op 15 September 2022 in die Staatskoerant gepubliseer is, is die drumpel vir werkgewers wat nou aan die wet moet voldoen, verlaag van 25 en meer werknemers na 10 en meer werknemers.

Dit beteken dat klein besighede, wat kommersiële boere en houtskoolprodusente insluit, nou moet voldoen aan voorskrifte van die wet op regstellende aksie. Die sluit die opstel van regstellende aksieplanne elke drie jaar in terwyl verslae jaarlikse ingedien moet word.

Die NLU het met kommer kennis geneem van die eensydige aksie sonder om werkgewers daarin te ken. Die saak is nie bespreek op die vergadering van die kommissie van diensbillikheid waarin werkgewers sitting het nie. Die arbeidsadviesraad is ook geïgnoreer. Die NLU het die Landbouwerkgewersvereniging versoek om dringend met die Namibie Werkgewersfederasie (NEF) te skakel sodat die saak met die ministerie van arbeid namens die private sektor opgeneem en uitgeklaar word.

[Bron – AgriForum Namibia]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.