Landbou Wenke

Veeartsenydienste (DVS) is landwyd besig om aksies uit te brei ten einde seker te maak dat veeprodusente se rekordhouding op datum is. Indien ‘n produsent besluit om met vee in Namibie te boer, is daar sekere wetlike vereistes wat geld. Rekordhouding is ‘n integrale deel daarvan. Rekordhouding verskaf ‘n bewys dat ‘n produsent konsekwent elke jaar korrekte en goeie landboubestuurspraktyke toepas. Die stelsel maak dit vir Namibie moontlik om ‘n dieregesondheidstatus met hoe standaarde te handhaaf en kwaliteit-produkte vir sy handelsvennote aan te bied. Dit gaan egter nie net oor uitvoer nie. Dit gaan oor goeie, verantwoordelike bestuur.

Die LPO moedig lede aan om vereiste rekordhouding so goed as moontlik te doen. In die geval van onduidelikheid stuur ‘n e-pos na rina@nau.com.na.

[Bron – AgriForum Namibia]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.