Ondanks die laer internasionale olieprys en ‘n oorverhaling in die pryse van petrol en diesel van onderskeidelik N$1,74 en N$1,17 per liter in Julie, sal brandstofpryse in Augustus die pas markeer en nie afwaarts aangepas word nie.

Brandstofhandelaars trek wel hieruit voordeel deurdat die handelaarsmarge met 50 c per liter verhoog word. Vulstasie-eienaars se winsgrens styg dus van N$1,13 per liter na N$1,63 per liter.

Volgens die ministerie van myne en energie bly die tydelike verlaging in die ander brandstofheffings soos die MVAF-, padgebruikers- en Namcor-heffing onveranderd, maar brandstofbelasting word heringestel op 90 c per liter. Dit geld alle produkte.

[Bron – Republikein]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.