Nadat talle pensioenarisse nie gisteroggend hul maandelikse toelae ontvang het nie, het die uitvoerende direkteur van geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn, me. Ester Lusepani, in ’n nuusvrystelling gesê dit is weens ’n verandering in die stelsels.

Die geïntegreerde maatskaplike ondersteuningstelsel in vanaf Junie operasioneel en is nou met die nasionale bevolkingsregisterstelsel gekoppel. Nasionale dokumente kan nou geverifieer word en dit help om duplisering te verhoed, brei sy uit.

Die nuwe stelsel het egter 18 503 begunstigdes afgekeur, insluitend 4 156 begunstigdes wat reeds dood is en 249 begunstigdes wat ongeskiktheidstoelaes ontvang, sê sy.

Die begunstigdes is afgekeur aangesien die besonderhede tussen die bevolkingsregister en die maatskaplike stelsel nie ooreenstem nie. “Almal wat moontlik nie hul toelaes in Julie ontvang het nie, of aansoek met ’n verwysingsnommer gedoen het, of hul name op nasionale dokumente verander het na aansoek gedoen is, word dringend versoek om ons naaste kantore voor Vrydag 15 Julie te besoek, om hul Augustus-betaling te verseker,” lui die vrystelling.

[Bron – Republikein]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.