Landbou Wenke

Maar jy sal moet moeite doen vir jou 10%. ’n Gemiddelde koei word so twaalf jaar oud, en sy kalf vir die eerste keer op drie jaar, so jou produksiepotensiaal is tien kalwers. As sy een keer oorslaan, en jy hou haar steeds aan, staan jy 10% van jou omset af van die koei se twaalf jaar op jou plaas. As elke bees wat jy het een keer oorslaan, staan jy elke jaar 10% van jou kalwers af. Daar is geen boer wat dit kan bekostig nie.

Jy kan ook nie die beeste uit die voerskuur onderhou om hulle dragtig te kry nie, want dan raak jou koste te hoog. Jy soek die koei wat aangepas is in die omgewing, met ander woorde die een wat van jou plaas hou. Die enigste manier om dit reg te kry, is om dragtigheidstoetse te doen en geen dier ’n tweede kans te gee nie. Ons het iets by ons beesboerdery raakgesien wat ’n reuse verskil gemaak het: kalfdatum.

Kalfdatum is naas dragtigheid die belangrikste seleksie-oorweging wat ons vir ons kommersiële Beefmasters gebruik. Dit het ’n reuse verandering in die kudde teweeggebring. Die stoetboere het altyd hulle kalwers op 100 dae geweeg, en dan weer op 207 as hulle speen. Die gewig op 100 dae is vir jou ’n aanduiding van die koei se melkproduksie en sy groei daarna is die gevolg van sy eie vreetvermoë en voeromset op die veld. Nou, as dit waar is, beteken dit dat die kalf by goeie kos moet wees vir die laaste vier maande voordat jy hom speen.

Op die Hoëveld groei 80% van die oulandsgras in November, Desember, Januarie en Februarie. Daarom is jou optimale kalfdatum dus in Julie. ’n Juliekalf word dan in Maart gespeen. Die ma vreet vanaf begin Maart groen veld tot die winter kom, sy herstel en gaan die winter vet in teenoor die koei wie se kalf jy einde Mei speen. Sy is ’n afgesuipte koei en herstel nie. Sy gaan ook sukkel om bul te vat, want sy is maer.

Die ander voordeel is as jy Maart speen, kry jy ’n beter kalfprys want speenkalwers is dan nog skaars. Hier is ’n paar interessante statistieke wat ons raakgesien het: Die syfers is die afgelope vier jaar konstant. Jy sukkel om die jong diere weer dragtig te kry, maar as jy net die bestes hou, gee jy ’n groot tree vorentoe. Hier is ons seleksielys in volgorde van belangrikheid:

1.     Ou koeie: As sy vir twaalf jaar op die plaas bly, is sy van die beste. Ons gee haar kans tot sy nie meer kan nie.

2.     Dragtigheid: Dit het ons ses jaar geneem voordat ons te veel dragtige koeie gehad het en verder kon selekteer.

3.     Kalfdatum: Daar is koeie wat elke dertien maande kalf. Hulle gaan oorslaan. Jy soek net die beste: die wat elke twaalf maande kalf.

4.     Koei-kalfindeks: Dit is vir jou ’n aanduiding van die koei se melk, of sy dit vir die kalf gee en of sy suinig is
 
5.     Kleur: Daar is ’n premie vir eenvormigheid.

6.     Poena: Deel van die mooimaak van die beeste
 
Dragtighede

Vervangingsverse 95% besetting (hulle kry prikkelvoeding en bulle word 1 maand vroeër bygesit)
 
1stekalfkoeie                             66%
2dekalfkoeie                              75%
Ouer as 2dekalfkoeie               95%

Vir meer inligting of kommentaar kontak Jannie Myburgh bymybtoer@gmail.com of besoek www.mtoer.co.za.

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.