Hollard Namibia se Pieter von Wielligh het onlangs op Gobabis ’n bakkie aan die Oostelike Misdaadvoorkomingsforum (ECPF) oorhandig.

Die ECPF het in 2020 ontstaan en is werksaam in ‘n groot gebied wat strek van Gobabis tot Buitepos, Epukiro en Aminuis.

Dié gebied beleef ook soos elders in die land ‘n skerp toename in misdaad terwyl die polisie se hulpbronne beperk is om vee- en wilddiewe vas te trek, sê Hollard in ’n verklaring.

“Gemeenskappe moet eenvoudig betrokke raak en voorkoming is die beste opsie. Patrollies en kontrolepunte het die grootste impak en dus het die ECPF al in 2021 een voertuig aangekoop.”

Hollard sê dit is in landsbelang om misdaadsvoorkoming volhoubaar te bedryf, wat sonder geld en borgskappe nie moontlik is nie.

Volgens die ECPF het hy tans 43 lede wat op 330 000 ha boer en die ECPF finansieel onderhou.

“Hoe groter die ledetal, hoe groter die impak wat die ECPF op misdaad sal hê,” sê die forum.

Vir aansoekvorms en verdere inligting, kontak gerus die ECPF se bestuur by 081 292 5086 of eastcrim@gmail.com

[Bron – Republikein]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.