DorperMix

Die totale bemarking van beeste, skape en bokke het met onderskeidelik met 19%, 27% en 36% toegeneem en dié van vark het met 1,6% gedaal in die eerste kwartaal van 2022 in vergelyking met die ooreenstemmende tyd verlede jaar volgens die jongste statistieke van die Vleisraad van Namibië. Dit sluit geslagte diere en diere op die hoef vir die plaaslike en uitvoermark in.

Beeste
Van Januarie tot einde Maart 2022 is ‘n totaal van 51 241 beeste bemark teenoor 43 073 in dieselfde tydperk in 2021. Hiervan is 22 269 plaaslik geslag en 28 972 lewend uitgevoer teenoor onderskeidelik 17 423 en 25 650 in 2021.

Namibië het in die eerste kwartaal van die jaar ‘n totaal van 2 043 682 kg beesvleis bemark vergeleke met 862 673 kg in 2021. ‘n Volume van 503 986 kg is na Suid-Afrika en 3 913 kg na Botswana uitgevoer, terwyl ander vleisuitvoer vir die Europese Unie (489 927 kg), Noorweë (593 101 kg), die Verenigde Koninkryk (143 416 kg) en China (309 339 kg) bestem was.

Persentasiegewys kan beesvleisuitvoer soos volg opgesom word met die Januarie tot einde Maart 2022 se syfers gevolg deur die syfers van 2021 in hakies: RSA 24,66% (41,85%), Botswana 0,19% (0%), EU 23,97% (21,94%), Noorweë 29,02% (12,3%), Verenigde Koninkryk 7,02% (5,5%) en China 15,14% (18,41%).

Skape
‘n Totaal van 108 245 skape is in die eerste kwartaal vanjaar bemark teenoor 85 077 in die eerste kwartaal van Januarie 2021. Hiervan is 87 081 lewend uitgevoer en 21 164 plaaslik geslag vergeleke met 55 251 en 29 826 in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar. Geen skaapvleis is in die tydperk uitgevoer nie.

Bokke en varke
In die eerste kwartaal van 2022 is 23 184 bokke bemark teenoor 17 076 in 2021. Hiervan is 23 077 lewend uitgevoer en teenoor 15 213 in die eerste kwartaal van 2021.Vark toon ‘n geringe afname met 10 935 wat plaaslik geslag is van Januarie tot einde Maart 2022 teenoor 11 122 in 2021.

Vleisinvoer
Vleisinvoer vir beeste in die eerste kwartaal van 2022 was 145 099 kg, vir skaap 147 471 kg en vark 1 118 128 kg.

[Bron – Afriforum Namibia]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.