TransNamib se werknemers sal op 12 Augustus stem om te besluit of hulle sal staak of nie.

Dit is vanmiddag deur die voorsitter van die TransNamib-raad, mnr. Lionel Matthews, bekend gemaak.

Hy het saam met die uitvoerende hoof, mnr. Johny Smith, ’n nuuskonferensie gelei en oor ’n reeks kwessies inligting met joernaliste gedeel oor die stand van sake by die staatsonderneming verantwoordelik vir spoorvervoer in Namibië.

Matthews het gesê dat die regering N$175 miljoen in hierdie boekjaar aan TransNamib beskikbaar stel om sy besigheidsplan uit te voer. Dit behels ook om aan vereistes te voldoen wat deur die ontwikkelingsbanke van Suid Afrika en Namibië gestel word om ’n lening van N$2,5 miljard beskikbaar te kaak.

Met dié plan verwag TransNamib om teen volgende jaar nie meer verliese maak nie, drie miljoen ton vrag per spoor vervoer en as organisasie en maatskappy uitnemendheid te bereik. Geld vanaf die regering sal gebruik word om lokomotiewe beter te onderhou en nuwes te koop, om infrastruktuur op te gradeer, om meer waens en tenkwaens te koop en om die werksomstandighede vir werknemers veiliger te maak.

N$30 miljoen sal gebruik word om TransNamib se kontantvloei te verbeter. Verder moet N$120 miljoen deur die verkoop van ongebruikte eiendom ingewin word.

Die raad sal tot Maart 2023 jaar elke maand vergader om die bestuur te help om die doelwitte te breik. “As TransNamib maar 10- 20% van vorige volumes terugwin, kan die onderneming binne drie tot vyf jaar winsgewind word,” sê Matthews. Hy verwag dat daar wel nywerheidsaksie geneem sal word, en dat dit die herlewing van TransNamib sal belemmer.

“Enige vorm van nywerheidsaksie sal ons vordering ontspoor. Dit sal vir niemand enige goeie uitkoms lewer nie,” het Smith gesê.

[Bron – Republikein]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.