“Hy lieg net. Hy het gehoor hoe die boer skree.” So het Fransina Araeb Donderdag in die hof getuig toe sy gevra is oor haar eksman se getuienis wat die oggend afgehandel is.Michael Araeb was ’n plaaswerker op Armin Riedel (68) en sy vrou, Brunhild (66), se plaas en het getuig hy het gesien hoe die twee beskuldigdes, Bernardus Afrikaner en Salaphual Unaeb, vir Brunhild oorrompel en in die plaashuis indwing.Hy het getuig Armin het later by die huis aangekom en dat Afrikaner en Unaeb hom in die huis gevolg het en hy daarna niks verder gehoor of gesien het nie. Hy is later terug na sy woning waar Fransina ook was.“Ek het dit gehoor en vir hom gesê om te luister en hy het dit ook gehoor. Hy het bevestig hy hoor dit ook,” het sy Donderdag getuig. Daar was ook ander teenstrydighede in dié twee se getuienisse. Michael het getuig hulle [hy, Afrikaner en Unaeb] het eers omstreeks 14:30 vir die eerste keer terug na hul huise gegaan. Fransina het egter getuig hulle het tussen 13:00 en 15:00 by die huis aangekom en daarna terug na die plaas gegaan om verder te werk. Sy het getuig dat Michael en die twee beskuldigdes voor donker weer terug by die huis was en dat sy en Michael na Afrikaner se huis gegaan het en hulle later weer terug huis toe gekeer het.Sy het wel gedurende die aand wakker geword toe sy Afrikaner se huisdeur hoor oopgaan het en ’n tydjie later weer die deur hoor toegaan het. Sy kon egter nie bevestig of dit Afrikaner was wat die huis verlaat of teruggekeer het nie, want sy kon nie sien wie dit was nie. Sy het dit slegs gehoor. Die paartjie het later wakker geword en gesien dat die huis in vlamme was. Fransina se getuienis is Donderdag afgehandel en die saak is uitgestel voordat die staat ’n nuwe getuie geroep het. Die moordsaak van die Riedel-egpaar wat in Januarie 2018 op hulle plaas in Gobabis vermoor en hul liggame saam met die plaashuis verbrand is, is Donderdag tot 29 Januarie 2024 uitgestel. Afrikaner en Unaeb staan tereg op twee klagte van moord, twee klagte van verkragting, brandstigting, diefstal met verswarende omstandighede en dwarsboming van die gereg.

[Bron – Republikein]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.