Net toe die wêreld ná ­Covid-­­19 begin herstel het, bars die oorlog in Oekraïne uit. Dit het die wêreld onder verdere druk geplaas met beide Rusland en Oekraïne wat van die grootste uitvoer­ders van mielies, koring en soja is. “Grondstofpryse het deur die dak geskiet. Inflasie, brandstof en rentekoerse is in ’n opwaartse kurwe wat nog meer druk op primêre produsente plaas,” het Gideon Goosen, voorsitter van die Varkprodusentevereniging van Namibië, op dié vereniging se jaarvergadering in Windhoek gesê.

Volgens hom is die gemiddelde plafonprys N$2.65 laer maand-op-maand teenoor 2021. “Die invoer van vars en verwerkte varkprodukte het in dieselfde tydperk met 10,5% verhoog van 2 176 na 2 406 ton – 77% uit Suid-Afrika en die res hoofsaaklik uit Europa. “Ons is duidelik nie die enigste land wat deurloop onder die Europese krisis nie. Die invoer van vark het by ons ook vir die eerste ses maande van die jaar geklim. Dit dui daarop dat goedkoop vark in die wêreldmark beskikbaar is. Tradisioneel is dit gewoonlik te duur om uit Europa in te voer.”

Die reuse-ooraanbod van vark in SA het dié buurland se varkprys onder geweldige druk geplaas, het Gideon bygevoeg. Volgens statistieke kon invoer­ders vark land in Windhoek teen N$29.50 per kg, heelwat laer as die Namibiese plafonprys van N$35.94.

[Bron – AgriForum Namibia]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.