Oekraïnse burgers wat in Namibië woon het verlede week ’n vreedsame betoging gehou teen die oorlog wat hul land lamlê.

Windhoekse inwoners het ook opgedaag om hul steun te wys namate die oorlog vererger. Volgens berigte het die aantal vlugtelinge wat uit Oekraïne vlug, nou 1,5 miljoen mense bereik namate Rusland se aanval voortduur.

Dit is beskryf as die vinnigste groeiende vlugtelingkrisis sedert die Tweede Wêreldoorlog.

’n Oekraïense burger wat in Namibië woon, Anastasiiya Shemeret, het saam met ander bekommerde Namibiese inwoners die betoging gereël om te smeek vir ondersteuning van die Namibiese regering en om die regering te vra om meer uitgespreek te wees oor die onmenslike aanvalle op Oekraïne tydens die volgende Nasionale Vergadering-sessie wat later hierdie maand plaasvind.

“Missiele en bomme is al waarna inwoners van die Oekraïne kan uitsien. Vandag wil ons hê dat hierdie betoging vreedsaam moet wees terwyl ons aanhou veg vir die vrede wat ons ken. Soveel nasionaliteite is hier om ons te ondersteun, want dit is nie net ’n oorlog teen die Oekraïne nie, maar ’n oorlog teen die mensdom,” het Shemeret tydens die betoging gesê.

Ver van verby

’n Tweede wapenstilstand is gereël wat sal voorsiening maak vir die opening van ’n humanitêre korridor nadat die eerste een deur Russiese aanvalle gehalt is.

Volgens verdere berigte probeer duisende mense om die gevegte in die Oekraïne te ontsnap, met ’n 20 kilometer lange tou net om oor die grens na Pole te kom, terwyl Russiese magte hul aanslae op sleutelstede verskerp.

Onder dié vlugtelinge was Namibiese studente in die Oekraïne wat gister by Hosea Kutako Internasionale Lughawe geland het.

Hulle is deur verligte vriende en familie tuis verwelkom.

’n Verligte ma, Inga Ndaningina, het gesê dit was een van die ergste ervarings van haar lewe en dat sy nie soos haarself gevoel het nie. “Ek is so dankbaar dat my dogter veilig en terug by die huis is,” het sy gesê.

[Bron – Windhoek Express]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.