Die Houtskoolvereniging van Namibië (CAoN) is besig om ’n nuwe lidmaatskapstel te implementeer. Dit sal inligting oor lede sowel as hul werkers bevat.

CaoN, ‘n nie-winsgewende vereniging met vrywillige lidmaatskap, se lede bestaan uit produsente wat deur verbvranding hout karboniseer en houtskool op die veld vervaardig, asook lede wat vuurmaakhout verkoop.

Die geregistreerde verwerkers en kopers/agente wat waarde tot die houtskool toevoeg of dit uitvoer, is as administrateurs ingeskryf om die heffings namens die vereniging van hul produsente in te vorder. Die sleuteltaak van die CaoN is om dienste aan die produsente van houtskool en vuurmaakhout in Namibië te lewer. Die vereniging ondersteun ook verwerkers, kopers en agente wat by die CAoN ingeskryf is.

Om ‘n beter diens aan sy lede te lewer, het die CAoN ‘n plaaslike maatskappy opdrag gegee om ‘n lidmaatskapstelsel te ontwikkel, sê die Namibië Landbou-unie (NLU) in sy nuusbrief van 5 Augustus. Hierdie stelsel is nou gereed en word geïmplementeer. Dit sal

gebruik word om CAoN-lede by te voeg en houtskoolwerkers aan hulle toe te wys, met al die besonderhede van die lid sowel as die werker. Hierdie inligting is slegs sigbaar vir die lid en die CAoN. ‘n

Ander lid kan nie die inligting oor werkers van ‘n ander lid sien nie. Dit is om die afrokkeling van goeie werkers te voorkom. Sodra ‘n houtskoolwerker sy/haar diens beëindig, is die inligting oor die werker beskikbaar in ‘n aparte navraagskerm waar enige ander lede die status van die werker kan sien en ook inligting kan kry oor waar die houtskoolwerker voorheen gewerk het.

Lede en houtskoolwerkers kan ook met drie verskillende kleure gegradeer word: groen, oranje en rooi.

Die stelsel moet gesien word as ‘n instrument om ook goeie werkers en hul vaardighede op te spoor, sê die NLU.

Daar is ruimte waar kommentaar bygevoeg kan word en ‘n lid kan enige sertifikate of prestasies van die werker byvoeg.

Die stelsel is slegs vir lede toeganklik. Alle lede sal ‘n unieke ID ontvang. Dieselfde geld vir werkers in die bedryf.

Dit sal hopelik werkers en lede ondersteun om meer dissipline in die

houtskoolbedryf te bring, sê die NLU.

Die CAoN het begin om die inligting wat van sy lede ontvang is oor Angolese werkers vas te lê en sal die lede wat die inligting ingedien het, kontak om foto’s van die werkers te verskaf sodat dit ook by die databasis gevoeg kan word. Terselfdertyd sal die lid die geleentheid kry om alle ander houtskoolwerkers by te voeg.

Vir meer inligting hieroor, kan lede die CAoN by 067 304220.

[Bron – Republikein]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.