“Dit is jammer dat ons kosbare energie en hulpbronne moet verkwis as teenvoeter teen aktivis Job Amupanda wat volhou met sy politieke agenda om die veeartseny-kordonheining te laat afbreek. Ewe betreurenswaardig is dat sy eisbesonderhede geen voorstelle vir ‘n werkbare oplossing in die plek van die kordonheining bevat nie,” was die sterk bewoorde reaksie van Thinus Pretorius toe hy in dié verband vir kommentaar genader is. “Die LPO het reeds die Namibië Landbou Unie (NLU) opdrag gegee om toe te tree as ‘n verweerder. Vir dié doel het ons die dienste van die gedugte Suid-Afrikaanse senior advokaat, Jeremy Gauntlett, bekom.”

Intussen tree al meer verweerders toe om Amupanda in sy roekeloos onverantwoordelike veldtog te stuit ten einde politieke guns te probeer wen. Hy is die leier van die verlinkse politieke beweging, Affirmative Repositioning. Van die kommunale boere suid van die kordonheining (rooilyn) het reeds aangedui dat hulle ook hul stemme in die nasionale belang gaan laat hoor wat die lys van verweerders nog langer sal rek.

Was dit nie vir die korndonheining nie, sou Namibië nie kon vleis uitvoer na winsgewende Europese markte nie. Die jaarlikse waarde van beesvleisuitvoer beloop N$7 miljard.

Thinus wys daarop dat die afbreek van die heining rampspoedige gevolge vir die land se ekonomie sal inhou, veral weens ‘n toenemende gevaar dat uitbrekings van bek-en-klouseersiekte (BKS) waarmee buurlande nou te kampe het oornag na Namibië kan versprei. “Dit kan alle Namibiese boere vir etlike maande sonder ‘n inkomste laat wat op sy beurt die staatskas erg sal knou. Daarmee sal dit jare duur voordat die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid Namibië se vleisuitvoerstatus herstel,” het die LPO-voorsitter gesê.

[Bron – AgriForum Namibia]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.