Dit is nou tyd, voor die einde van November, om jou beeste teen knopvelsiekte in te ent. Daarna kan inentings teen die siekte jaarliks of driejaarliks opgevolg word.

Tussen Maart en Junie kan beeste ook dosisse vitamiene A, D en E toegedien word, asook teen brandsiekte, spons- en lamsiekte ingeënt word. Maart tot Mei is ook die tyd vir inentings teen vibriose.

In Junie kan daar op inentings teen die brucellose-bakterie gefokus word, asook die beheer van interne parasiete.

Die bestuur van ’n kudde verg egter meer as net ’n goeie inentingsprogram, maar sluit ’n kastrasie en onthoringsprogram in, asook weidingbestuur en bestuur van teel- en kalfseisoene.

Die kuddebestuurskaart onder is ’n vereenvoudigde weergawe van die “Livestock Management Calendar” van die Vleisraad van Namibië.

[Bron – Republikein]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.