Meer as 380 Namibiese werkgewers het kennis gegee aan die arbeidskommissaris om 3244 werknemers van 1 Januarie 2021 tot 31 Desember 2021 af te lê.

Van die totale aantal voorgenome afdankings wat aangeteken is, is 873 werknemers gedurende die vierde kwartaal van 2020/21 finansiële jaar aangeteken.

Intussen is net meer as 570 werknemers gedurende die eerste kwartaal aangeteken terwyl 881 werknemers gedurende die tweede kwartaal van 2021/22 FY aangeteken is. Gedurende die derde kwartaal van 2021/22 FY het die arbeidskommissaris kennisgewings ontvang om 919 werknemers af te lê.

Volgens die waarnemende uitvoerende direkteur in die ministerie van arbeid, Lydia Indombo, was redes vir die afleggings hoofsaaklik weens ekonomiese faktore, oordrag van besighede asook herorganisatoriese of operasionele redes gedurende die vier kwartale.

“Die bogenoemde getalle is nie ‘n werklike syfer van aflegging nie, maar bloot kennisgewings van voorneme. Die Arbeidswet maak nie voorsiening daarvoor dat werkgewers die arbeidskommissaris in kennis stel van die werklike afleggingsstatistieke binne hul ondernemings nie, maar eerder om die arbeidskommissaris te bedien met ‘n kennisgewing van voorneme om hul werknemers af te lê,” het Indombo verduidelik.

Indombo het bygevoeg dat van die totale kennisgewings vir afleggings wat aangeteken is, 67 werknemers aangeteken is gedurende die vierde kwartaal van 2021/2022 finansiële jaar (Januarie tot Maart 2021) weens Covid-19-verwante redes. Sy het egter gesê dat geen rekord vir voorgenome ontslag weens Covid-19-verwante redes gedurende die eerste drie kwartale van die 2021/22-boekjaar aan die arbeidskommissaris beteken is nie.

’n Uiteensetting deur die ministerie van arbeid toon die meerderheid afleggingskennisgewings was van ongespesifiseerde bedrywe (1048) terwyl die groot- en kleinhandelsektor 548 kennisgewings aangeteken het. Dit is gevolg deur mynbou (511), reis, toerisme, gasvryheid en spyseniering (347), konstruksie (232) en vervaardiging (228). Opmerklike afleggingskennisgewings is ook van die landbou (119), vervoer (88) en sekuriteit (87) ontvang.

[Bron – New Era]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.