Gobabis Animal Rescue

Gobabis Animal Rescue Gobabis Animal Rescue Gobabis Animal Rescue Gobabis Animal Rescue

Gobabis Animal Rescue is `n private en geregistreerde diereliefdadigheids- en dierebeskermingsorganisasie (WO503) in die Omahekestreek van Namibië, gestig gedurende 2017. Ons doel is om alle diere in Omaheke te beskerm, dieremishandeling te voorkom en die lewensomstandighede van diere te verbeter. Verder wil ons bewusmaking en opvoeding in die publiek bevorder aangaande die mensdom se verantwoordelikheid teenoor diere en die natuur. Ons ontferm ons oor mishandelde en weggooidiere, versorg en behandel hulle, en probeer daarna vir elkeen van hulle `n liefdevolle eienaar vind. Goed versorgde rondloperdiere in Gobabis se strate mag ongelukkig nie deur GAR gekonfiskeer word nie. Dit is die verantwoordelikheid van die Gobabis Munisipaliteit. Die paar aktiewe lede van Gobabis Animal Rescue is vrywilligers, waarvan sommige magtiging het van die Namibiese Ministerie van Justisie om te werk onder Dierebeskermingswet nr.71 van 1962.

As liefdadigheidsorganisasie is GAR totaal afhanklik van die publiek se bystand en donasies. Ons is dankbaar vir die ondersteuning wat ons die afgelope vier jaar kry van besighede en inwoners van Omaheke, maar sal nog meer diere kan help indien meer mense betrokke raak. Indien enige iemand wil aansluit as aktiewe lid, of ons wil ondersteun as skenker van dierekos / geld, kontak asb. vir Dolene Schmidt von Wühlisch by 081 269 6436.

Die afgelope vier-en-`n-half jaar het Gobabis Animal Rescue al 188 diere gered/ingeneem en versorg, 404 diere laat steriliseer en vir 120 diere nuwe, liefdevolle eienaars gevind. GAR versorg tans 17 honde, 16 katte en 1 perd.

Help ons asseblief om meer diere te help!

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.