Die Landbouvooruitskouingskonferensie wat weens die pandemie in 2019 laas aangebied is, vind vanjaar op 5 Oktober in Windhoek plaas.

Dit word deur die Namibië landbou-unie (NLU) in samewerking met sy susterunies, die Namibië Nasionale Boere-unie (NNFU), Namibië Ontluikende Kommersiële Boere-unie (Necfu) en die Boere-unie vir Voorheen-benadeelde Namibiërs (PDNFU) aangebied.

Die nuutgestigde Kamer van Landbou sal aan die landbougemeenskap voorgestel word, terwyl onderwerpe soos verbruikersvoorkeure in die Midde-Ooste, mentorskap deur buurmanne wat mekaar bystaan en saamwerk, suksesvolle grondhervorming, die ekonomiese impak van stropery en diefstal in Namibië en volhoubare ondersteuningsmodelle vir landbou-ontwikkeling bespreek sal word.

Die konferensie word voorafgegaan deur die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) se kongres op 4 Oktober, met die NLU se kongres wat op 6 Oktober plaasvind.

Om die Landbouvooruitskouingskonferensie te kan bywoon, moet belangstellendes voor 26 September registreer. Dit kos N$600 per persoon.

Kontak Rina Hough by die NLU se kantoor (061 237838), of stuur ’n e-pos na rina@nau.com.na.

[Bron – Republikein]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.