Die ministerie van inligting en kommunikasietegnologie beoog om teen vroeg volgende jaar reeds die langverwagte konsepwet op kubermisdaad te finaliseer en te bekragtig.

Dit volgens die woordvoerder van dié ministerie, mnr. Shoki Kandjimi.

Mnr. Charles Visser, lid van die uitvoerende komitee van die regsfirma, ENSafrica Namibia, verduidelik dat Namibië ’n lang pad die afgelope jaar met dié konsepwet gestap het.

“Die Wet op Elektroniese Transaksies het regverdige kritiek uitgelok omdat dit hoofsaaklik te doen gehad het met elektroniese transaksies en die wetgewer skynbaar die bedoeling gehad het om later lomp klousules, wat verband hou met kubermisdaad, by te voeg,” het hy gesê.

Mnr. Frederico Links, ’n navorser verbonde aan die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR), het in Februarie vanjaar in ’n verslag verduidelik die ministerie het in 2018 aangekondig dat die pogings tot ’n Wet op Kubermisdaad tweesydig is en dus twee verskillende wette sou oplewer.

Die Wet op Elektroniese Transaksies is in November 2019 verorden, maar bykans drie jaar later sit Namibiese wetgewers steeds met hul hande in hul hare na menigde wysigings aan die konsepwet op kubermisdaad.

Links sê een van die twispunte in die voorgestelde wetgewing is dat dit nie ooreenstem met die voorstelle van die Boedapest Konvensie nie. Hierdie dokument is in 2001 bekragtig en word erken as ’n voorloper in kubermisdaadwetgewing.

Links meen die voorgestelde konsepwet op kubermisdaad is waarskynlik nie goedgekeur nie omdat dit onder meer nie voorsiening maak vir kinderpornografie of hulpbronne vir die regulering van die onderskepping van inligting nie.

WORD VERFYN

Kandjimi het bevestig dat die ministerie tans voorstelle rakende kinderpornografie bestudeer.

“Twee werksessies is reeds gehou en ’n derde werksessie word op 18 en 19 Oktober beplan met die ministerie in die presidensie verantwoordelik vir geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn om die wysigings vir kinderpornografie te bespreek.

“Die voorneme is om belanghebbendes te raadpleeg voor die konsepwet weer ter tafel gelê word,”

[Bron – Republikein]

Teken In

Registreer

Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.