‘n Kultuurbrokkie: In die middel sestigs is bees hoofsaaklik aangehou vir room, die room is in kanne vervoer met perdekarre by punte in die Weste van Rehoboth en dan op plaas Isabis opgetel. Spoorweglorrie, Ooste Klein-Tsumis, Bahnhof, Bergland en dan per trein na die “Creamery” na Gobabis. Jou roomkanne, naam netjies uitgekap, met jou “Room-tjek” was elke Donderdag weer afgelaai. Niemand van iemand se kan of tjek nie, vertroue en respek…!
Krediet – Connie Meissner