facebook

Meta, Facebook se moedermaatskappy, het ingestem om $90 miljoen te betaal om ‘n regsgeding op te los oor hoe die sosialemediareus gebruikers se aanlynaktiwiteit dopgehou het.

Die regsgeding, wat tien jaar gelede aanhangig gemaak is, handel oor Facebook se toegang tot gebruikers se aanlynaktiwiteit selfs nadat hulle uitgeteken het.

Facebook se kenmerkende “like” knoppie het ‘n groot bydrae tot hierdie proses gelewer, aangesien dit toegang tot ‘n groot hoeveelheid gebruikersdata verleen het.

Op tipiese Facebook-manier het die maatskappy koekies bekom (dit laat ‘n spoor van gebruikersaktiwiteit op Facebook), wat hulle toegang gee tot watter webwerwe ‘n gebruiker besoek het, dinge wat hulle nagegaan en gekoop het, en ander interaksies.

[Bron – Die Waarheid]

Teken In


Registreer


Reset Password

Please enter your username or email address, you will receive a link to create a new password via email.